Home 🎬 Bollywood 🎵 Pakistani 🎤 English Pop

Floyd McClung

👤 Robbie Wessels 🎼 Als Wat Ek Het ⏱️ 3:36
🎵 2641 characters
⏱️ 3:36 duration
🆔 ID: 12894496

📜 Lyrics

(Eerste Vers)
Die Bosveld stilte het sy hart gesteel
Dit het snags by hom kom spook
As hy langs sy vroutjie in sy bed gelê het
In die ou Mississippi-strook
Hy't die wit stinkhout, die kameeldoring
En die sekelbos geruik,
As hy voor die TV in sy camouflage broek
Na sy jagtrip foto's kyk

(Tweede vers)
Hy's 'n Amerikaanse boogskutjagter
Uit die Mississippi-vallei
Hy't sy jaglisensie in die vroeë 30s
Op 'n leeujagtog gekry
In daai jare vir jou jaglisensie
Moes jy ver kon leopard crawl
En om die veld te spaar
Met 'n pyl en boog, 'n leeu skiet in sy

(Pre-Koor)
Floyd McClung
Hy's nie bang nie
Vir die leeu se brul
Of die jakkals blaf nie
Of die gif van die boomslang
Die renosterhoring
Die hiëna grom nie
Of die seekoei in die dam

(Koor)
Hy trek sy camouflage broek en sy baadjie aan
Sy handskoene en sy boots
Ek trek sy camouflage hoed en sy face paint aan
En gaan terug na sy roots
Smeer bietjie bokpiepie onder sy kieliebakkie
En 'n bokdrol in sy hoed
Want ou Floyd McClung van die Mississippi
Het die Bosveld weer kom groet

(Derde vers)
Ou Floyd McClung het sy naam gemaak
Op 'n Bosveldplaas een jaar
Soos die manne een aand om 'n Bosveldvuur vir die kole sit en staar
Sê Floyd McClung hy gee 'n duisend rand vir die man wat hom kan vind
In sy camo outfit by die Bosskuiling naby Faan se uitkykpunt

(Vierde vers)
Soos die bakkie stil hou by die uitkykpunt
Vat ou Floyd sy pyl en boog
En hy verdwyn met eens
En jy kan hom nie meer sien met die blote oog
Half vyf die middag in die Bosveldson
Soek die manne nog vir boet
Sien net 'n koedoe hier
En 'n vlakvark daar
En 'n spoor van gemsbokbloed

(Pre-Koor)
Floyd McClung
Hy's nie bang nie
Vir die leeu se brul
Of die jakkals blaf nie
Of die gif van die boomslang
Die renosterhoring
Die hiëna grom nie
Of die seekoei in die dam

(Koor)
Hy trek sy camouflage broek en sy baadjie aan
Sy handskoene en sy boots
Ek trek sy camouflage hoed en sy face paint aan
En gaan terug na sy roots
Smeer bietjie bok piepie onder sy kieliebakkie
En 'n bokdrol in sy hoed
Want ou Floyd McClung van die Mississippi
Het die Bosveld weer kom groet

(Brug)
Waar, waar is jou boog?
Wys my jou pyl
Hoe, hoe is jou oog?
Waar gaan jy skuil?
As die grootvoete nader
Hiënas vergader
As die leeuwyfie langs jou kom lê?
Hier's wat hy sê:

(Koor)
Trek jou camouflage broek en jou baadjie aan
Jou handskoene en jou boots
Trek jou camouflage hoed en jou face paint aan
En gaan terug na jou roots
Smeer bietjie bok piepie onder jou kieliebakkie
En 'n bokdrol in jou hoed
Ja ou Floyd McClung van die Mississippi
Het die Bosveld weer kom groet
Ja ou Floyd McClung van die Mississippi
Het die Bosveld weer kom groet

⭐ Rate These Lyrics

Average: 0.0/5 • 0 ratings